My lewensverhaal , my storie is een van 'n God wat alles nuut maak, 'n God van restorasie. Ek bring Hom al die eer en dank vir my lewe in Sy oorvloed.
Ek is getroud met Greg, my beste vriend, my geesgenoot, die liefde van my lewe. Ons is al 12 jaar getroud. Greg moes 'n kits Pa in 'n rekord tyd word en 6 maande nadat ons getroud is, is ons eerste kleindogtertjie, Ciara gebore. Vandag is ons die trotse Oupa en Ouma van 8 kleinkinders - Ciara, Rickus, Gregory, Saree, Alexis, Dene, Eli en Matthew. Ons dogters Magdarie, Danette, Inneke en Ulandi is ons kosbaarste skatte op aarde. Ons het ook 3 seuns bygekry - Jacques, Matt en Greg en Alphonso. My passie is om Jesus met Afrikaans sprekende mensies te deel. Ek is voorwaar 'n geseënde vrou.